Die Reistog Na Jou Aftrede

Dit raak al hoe belangriker om iemand aan jou sy te hê om die slaggate van die finansiële wêreld uit te wys. Jou Finansiële Adviseur is so noodsaaklik soos ‘n padkaart om jou deur die slaggate te lei, sowel as ‘n effektiewe kombinasie van die bogenoemde te bepaal om jou finansiële doelwitte te bereik. So berei jy jouself voor vir jou reistog na aftrede met jou finansiële adviseur.

ANALISEER JOU INTREE-PUNT

Begin deur ’n geheelbeeld van die huidige waarde van jou spaargeld te kry. Nadat jou totale spaargeld en toekomstige uitgawes vasgestel is kan ’n kontantvloei-analise gedoen word. Die uitslae van hierdie analise bied ’n goeie aanduiding teen watter jaarlikse koers jou beleggings moet groei om hierdie uitgawes ten volle te dek. Hierdie koers word bepaal deur jou toekomstige uitgawes (insluitend inflasie) te verdiskonteer tot die huidige waarde van jou spaargeld. Met ander woorde, as jou spaargeld teen x% per jaar groei tot aftrede, gaan jy genoeg hê om jou kostes vir jou 30+ jaar van aftrede te dek.

BEPLAN JOU REISTOG

Hierdie bogenoemde groeikoers kan vir jou waardevolle insig bied tot jou huidige finansiële toestand. Indien die analise aandui dat jou beleggings teen 16% per jaar moet groei om vir aftrede te sorg, maar die mark bied slegs 6% per jaar, is dit ’n duidelike aanduiding dat jou huidige spaarvlakke moet verhoog om by ’n bereikbare koers aan te pas.

Daar is drie maniere om jou
spaargeld te verhoog:


1. Begin vroëer spaar
2. Spaar meer per maand
3. Kry beter opbrengste.

Alhoewel dit eenvoudig klink, is dit soms makliker gesê as gedaan. Beide die eerste twee opsies is funksie van ons omstandighede. As jy vars uit universiteit kom en skaars gelyk breek met jou beskeie salaris, is dit moeilik om vroeg te begin spaar. Selfs teen 30 met ’n verbandlening op ’n nuwe huis en twee jong kinders, raak dit moeilik om geld bymekaar te skraap om meer te spaar. Dit los opsie drie: kry beter opbrengste deur van jou Finansiële Adviseur gebruik te maak.

DIE FUNKSIE VAN JOU FINANSIëLE ADVISEUR

’n Adviseur is noodsaaklik om jou in staat te stel om jou finansiële doewitte te bepaal en te bereik. Dit sluit in om te help om jou uitgawes vas te stel, sowel as om ’n kontantvloei-analise namens jou te doen en te interpreteer. Hierdie analise moet gereeld gedoen word soos jou omstandighede verander. Verder, deur die regte beleggingsprodukte aan te beveel, kan hul jou beleggings effektief struktureer waar jy voordeel kan trek uit belasting-en-boedelbeplanning.

’n Adviseur is noodsaaklik om jou in staat te stel om jou finansiële doewitte te bepaal en te bereik. Dit sluit in om te help om jou uitgawes vas te stel, sowel as om ’n kontantvloeianalise namens jou te doen en te interpreteer.”

Jou Adviseur moet ook in staat wees om jou belegging te versoen met die ontwikkelinge in die markte. As ontwikkelende lande swaarkry, byvoorbeeld weens die druk van ’n nuwe virus, moet die Adviseur bepaal of en hoe dit jou belegging affekteer. Sodoende kan daar vasgestel word watter veranderinge in jou onderliggende fondse aangebring moet word.

As die Suid-Afrikaanse mark 5% opbrengs per jaar bied, waar buitelandse beleggings 15% bied, moet jou Adviseur die nodige analise doen om vas te stel of die huidige belegging voldoende is en continued of veranderinge moet plaasvind om jou blootstelling aan gunstige en volhoubare rentekoerse te gee.

Jou finansiële adviseur bied vir jou leiding in tye van afswaai in die mark...”

Jou Finansiële Adviseur bied vir jou leiding in tye van afswaai in die mark, in tye van persoonlike finansiële spanning en verseker dat jou plan aangepas is vir jou huidige behoeftes en omstandighede. So kan jy met rustigheid jou reistog aanpak na die langste vakansie van jou lewe aftrede.

Meet the team that brought you this innovation
articles image

Nesan Nair

Portfolio Manager ,

Sasfin Wealth

articles image

Maddie Opperman

Portfolio Manager ,

Sasfin Wealht

About the Author

Maddie Opperman and Nesan Nair
Portfolio Manager, Sasfin Wealth

Offcanvas Title

Default content goes here.
Intro